‘n Man van Worcester het Maandag eers glo sy vrou in Stockenstromstraat in die sentrale sakegebied geskiet, waarna hy na die NG Kerk Worcester-Noord gery en hom langs die kerk se sydeur om die lewe gebring het. Die man en vrou is glo woonagtig in Rouxpark.
Die presiese rede waarom die man sy vrou geskiet is, is nog onbekend. Met Standard se aankoms op die toneel in Stockenstromstraat, het die vrou se Mazda
Rustler-bakkie skuins in ‘n parkering gestaan, waar dit teen ‘n kar agter vasgery het. Sy was reeds deur paramedici van die toneel verwyder en in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem, waar sy teen omstreeks 13:30 dood verklaar is.
Met Standard se aankoms by die kerk, was die nooddienste en die polisie op die toneel. Die man se liggaam was bedek waar dit naby die deure van die sy-ingang na die kerk gelê het. Die name van die oorledenes is nog nie amptelik deur die polisie bekend gemaak nie.
Verdere inligting sal opgedateer word, sodra dit van die polisie ontvang word.




