Op die foto is Ceral Ismail, Charles Beukes, Bennie Solomons, Piet Sampson, Claude Pietersen, Fazael Karriem, Tessel Crotz, Charles Cupido, Theo Beukes en Rustum Karriem. Hierdie foto is geneem by die begrafnis van die oud-Suid-Afrikaanse fietsrykampioen Magmudh Valley.Foto: Nizam Ismail


By die begrafnis van Magmudh Valley (69), een van die Boland se bekendste fietsryers, is hy vereer deur ander fietsryers toe daar finaal van dié fietsry-reus afskeid geneem is.

Valley, wat by vanjaar se Kaapstad-fietstoer ’n hartaanval gehad en in die proses geval het, was self ’n voormalige Suid-Afrikaanse naelrit-kampioen wat met sy onverskrokke manier van jaag, menige fietsryer van sy era in die stof laat byt het. Hy was ook ’n groot gunsteling onder die publiek en het gewoonlik honderde fietsry-entoesiaste saam met sy fietsrymaats na byeenkomste gelok.

Die Ismail-, Valley- en Karriem-broers was deel van ’n uitsonderlike groep fietsryers wat huishoudelike name in fietsrykringe geword het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article