Kersliggies het ’n manier om die verwondering in jou weer wakker te maak, en tans stroom inwoners van Robertson en Ashton na die huis van Siebert Tredoux in Adderlystraat 55, in Robertson, wat jaarliks sy hele huis met ‘n sprokies-aangesig van Kersliggies verfraai. “My ma het nog destyds hierdie tradisie begin. Ons doen dit vir die kinders en die bejaardes en die res van die gemeenskap,” verduidelik hy. Hy meen ook hierdie is simbolies van die lig in ’n mens se hart. “Ons almal moet ’n liggie in ons hart vir die Here hê. As elkeen hierdie feestyd net een liggie voor hul huis kan sit, is dit ’n teken van omgee vir die res van die gemeenskap. Ons is almal bevoorreg om dit steeds vir ander te kan doen – veral ná alles wat die laaste twee jaar in die wêreld gebeur het,” meen Tredoux. Hy wil graag hê almal in die gemeenskap moet deur die loop van die feestyd na die Kersliggies voor sy huis kom kyk. “Hier was nou die aand ’n bejaarde paartjie, en albei van hulle het my bedank en gesê dit herinner hulle aan hul kinderdae en het die gevoel van Kersfees sodoende aan hulle teruggegee. Mense het ook al die pad uit Stellenbosch gery om na ons liggies te kom kyk.” Verder verduidelik Tredoux hy doen dit nie vir homself nie, maar vir die gemeens


Mag die lig hierdie feestyd op almal skyn

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article