Die unieke Token Identifiers (TID’s) wat gebruik word om elke elektrisiteitskrediettoken te identifiseer, sal op 24 November vanjaar nie meer beskikbare nommers hê nie, dus moet meters hiervoor opgegradeer word. Foto:


Die unieke 20-syfernommer wat jy ontvang wanneer jy voorafbetaalde elektrisiteit koop, word ’n token (of bewys) genoem en kan nie meer as een keer gebruik word nie.

Die unieke Token Identifiers (TID’s) wat gebruik word om elke elektrisiteitskrediet-bewys te identifiseer, sal op 24 November 2024 nie meer beskikbare nommers hê nie.

Dit impliseer dat alle voorafbetaalde meters nou gekonfigureer moet word om die nuwe STS Edition 2-bewyse te aanvaar wat van 24 November vanjaar gegenereer sal word.

Indien dit nie gedoen word nie, sal die voorafbetaalde meter nie bewysstrokies kan aanvaar nie en die gebruiker sal sonder toegang tot elektrisiteit gelaat word.

Die konfigurasie-projek sal inwoners bystaan ??met die sagteware-opgradering van alle STS- voorafbetaalde kragmeters aangesien die Eskom-doen-dit-self-meto­de nie op Langeberg- munisipale huis­houdings van toepassing sal wees nie.

Teen die einde van November 2023 is altesaam 2 848 (15,3%) van die elektriese meters in Langeberg-munisipaliteit reeds opgedateer met ’n deur-tot-deur oudit wat in die gebiede Zolani, Ashton en Nkqubela uitgevoer is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article