Die vrou wat in hegtenis geneem is nadat ’n baba in ’n wielietjiesdrom voor ’n huis in Paglande gevind is, het in die hof verskyn.

Standard het verlede week (3 Maart) berig oor hoe die baba deur ’n inwoner van Paglande in haar drom gevind is nadat sy deur mense wat deur die drom gesoek het, ingelig is.

Die ma van die baba, Dan Pietersen, het op aanklagte van poging tot moord en kinderverlating verskyn.

Sy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Een van die voorwaardes waaraan sy moet voldoen, is dat sy geen kontak met die baba mag hê nie.

Die baba is intussen deur Badisa Rawsonville in veiligheid geplaas.

Luidens die klagstaat was die baba een dag oud, en nie een maand soos vroeër vermoed is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article