David Oompie Cupido

Denique Smith

In
die nuutste wending rondom die omstrede beleggingsmaatskappy 4th Power
Investments, het dié maatskappy pas aangekondig hulle is Dinsdag 5 Desember
“geadviseer
dat indien ons beleggers uitbetaal ons bewys dat ons verder besigheid doen
onwettig siende ons by FSB gelisensieer moet wees.”

Beleggers
het Dinsdag angstig gewag op miljoen rande se uitbetalings op grond van ‘n
belofte wat Cupido vroeër gemaak het.

Nou
gaan beleggers glo moet wag tot eerskomende Dinsdag, wanneer ‘n ‘ander kanaal’
wat gevolg is, dalk gaan realiseer vir die geld om uit te betaal. Beleggers is
ook Dinsdagaand ingelig dat die gelde met ‘n debietkaart aan hulle uitbetaal
gaan word. Geen nadere besonderhede oor hoe die kaarte gaan
werk en hoe lank dit gaan neem om uit te reik, is deur hom gegee nie. 

Die
Valke het vroeër ‘n brief aan die maatskappy uitgereik wat lees dat hulle nie
in die pad daarvan staan vir uitbetalings om gedoen te word nie. Dié brief
is verlede maand onder luide toejuiging op Tousrivier aan beleggers voorgelees
deur Ronell Pullin, ‘administratiewe beampte’ van 4th Power.

Intussen
het ‘n opname die rondte gedoen wat Donderdag gemaak is kort nadat etlike
beleggers in die hof verskyn het na ‘n onwettige protesaksie op die N1 vroeër
teen die Valke se “vertragings van die uitbetalings van 4th Power
se gelde.”

In die
opname staan Cupido bont om ongeduldige vrae van beleggers te beantwoord. Hy
verwys weer na die registrasie by die Raad op Finansiële Dienste (FSB) en sy
onvermoë om dié
raad geregistreer te word. Hy sê ook dat elke keer wanneer hy ‘n datum
aankondig,  “in ons
minds is dit waar.”

Later
die dag  het hy volgens ooggetuies agter by sy
huis uit gevlug met ‘n spesiale ontsnappingsroete wat glo vooraf uitgewerk is,
toe beleggers aan die voorkant van sy huis saamgedrom het om antwoorde te kry
oor hul geld wat nie uitbetaal is nie.

Hy
is glo gewaar waar hy agter by sy huis uit vlug, oor die agterste muur spring,
deur ‘n buurman se huis uitgaan en Bergstraat langs in ‘n bakkie met ‘n
CT-registrasienommer teen ‘n hoë spoed wegry en saam met nog ‘n voertuig na die
N1 jaag. Cupido was Vrydagoggend weer glo terug
by sy huis op Touwsrivier.

Sowat
8 000 mense het verlede jaar by hom belê met beloftes van uitsonderlike hoë
rentes op hul beleggings. Die Valke het die skema ondersoek na dit aan die lig
gekom het sy maatskappy is nie by die Raad op Finansiële Dienste geregistreer
nie.

Die
beleggers wat gister voor sy huis saamgedrom het, meen hy is Kaap 
toe “om die kaarte te gaan haal”. Hulle het gesê hulle gaan voor sy huis wag
tot hy met die kaarte kom of hulle antwoorde kry.

Die
Valke se ondersoek teen Cupido vir geldwassery, bedrog en die bedryf van ‘n
piramideskema duur voort. 

Die brief wat deur die Valke aan $th Power uitgereik is wat lui hulle staan nie in die maatskappy se pad om belggers uit te betaal nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article