Jong leerders van Wessel Taljaard (middel) se karateskool in Bonnievale het onlangs baie goed gevaar by die Tradisionele Okinawan Goju Ryu-karate-federasie se jaarlikse kompetisie by die Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier. Drie van sy karateka-leerders het medaljes in hul onderskeie afdelings verwerf. Links bo: Van links is die leerders van die Bonnievale Dojo – Joshua Burger het silwer in die seuns- Kata-afdeling verwerf en Danel van der Westhuizen brons in die meisies-afdeling van Kata. Van die Ashton Dojo het Maronique Presence (regs bo) silwer in die meisies- Iri Kumi- en Kata-afdeling gewen. Kata is voorgeskrewe bewegings teen ’n ander deelnemer. Iri Kumi is ’n semi-kontak-geveg teen ’n ander deelnemer.Foto:


Loop maar lig vir dié karatekas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article