Ná die vertrek van Worcester Standard se redakteur van die afgelope ses jaar, Marlene Jordaan, neem die gesoute joernalis en redakteur Lise Beyers die leisels in Worcester oor.
Beyers is reeds tien jaar die redakteur van die Standard se susterskoerant, die Paarl Post. Sy is al 17 jaar by die Paarl Post en het vorige jare ervaring as foto-joernalis by Beeld, Rapport en Vrye Weekblad opgedoen.
Sy is pas aangestel as streeksredakteur en die Worcester Standard sal voortaan saam met die Paarl Post in haar hande wees.
Beyers het ’n oopdeur-beleid en nooi die publiek om haar te kontak met enige gemeenskapsnuus of ander sake.
Sy kan gekontak word by lise.beyers@worcesterstandard.com of per WhatsAapp by 079 516 6941.


