Die span van Lions ná hul oorwinning oor Knight Ryders

Credit: SYSTEM

Hartwig Lions-krieketklub het verlede Sondag hard teruggeveg om Knight Ryders tydens ’n Roodewal-premierligawedstryd te klop.

Hiermee het Lions sy kans redelik versterk om later in die toernooi by die uitspeelronde betrokke te wees. Knight Ryders kolf eerste en teken 82 van sy 90 balle aan waarvan Longman Africa 24 lopies aanteken. Warren Davids blink uit met die bal vir Lions en staan slegs 14 lopies van sy vier boulbeurte af.

Lions was baie sentimenteel in sy jaagtog en het Ryders geen houvas op die boulaanval gegee nie. Lopies het met reëlmaat gevloei en die verlangde 83 lopies is in net twee boulbeurte behaal. ’n 46-lopievennootskap tussen Leighton Davids en sy neef Warren (Mik) Davids het die grondslag vir die oorwinning gelê.

Lions speel Sondag op Edengarden teen Royal Kings van Arendsestraat. Sou Lions die stryd wen, behoort die span vir die uitspeelronde te kwalifiseer met een rondomtalie-wedstryd oor.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article