Die voormalige omsiener van Leo’s Foundation het nie onlangs agter tralies beland nie.

Volgens die Worcester-polisie is ’n klagte wel deur die Sandy’s Eden-skut teen haar aangemeld. Dit spruit uit ontevredenheid oor omstandighede waarin diere aangehou word.

Dit is glo ’n parasitiese omgewing en daar is versuim om veeartsenykundige of mediese dienste te lewer of te verkry.

Die klagtes is deur Sandy’s Eden ingedien nadat die skut glo verskeie klagtes oor die omsiener ontvang het.

Die voormalige omsiener van Leo’s is volgens ’n polisiewoordvoerder na die polisiekantoor geneem en prosedures vir inhegtenisneming is gevolg. Sy is hierna weer vrygelaat en gewaarsku om op 12 Oktober in Worcester se landdroshof te verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article