Die jong Lenaydio Mckenzie (12) het onlangs ’n groot aandeel gehad in die Quickies-vlakkiekrieketspan van Roodwal se oorwinning teen die Rising Stars van Riverview op Eden Garden in Roodewal. Hy het manalleen 28 lopies aangeteken toe sy span kniediep in die moeilikheid was en as bouler het hy toegesien dat die Rising Stars nie hul mikpunt kon bereik nie. Mckenzie is welverdiend as die speler van die wedstryd aangewys. Hy is ’n gr. 6-leerder aan die Worcester-Noord Primêre Skool.


Lenaydio wys sy staal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article