Die Lwazi Enrichment Programme, ’n organisasie sonder winsbejag, het Saterdag 2 September sy tweede waardering- en verering-seremonies gehou, waar lede van die gemeenskap wat ’n verandering op hul onderskeie gebiede bring, soos kerk, skole en studente, vereer is. Vanjaar se tema was “Kan daar iets goeds uit Worcester kom?” Skoolhoofde, adjunkhoofde en onderwysers wat Saterdagaand vereer is, sluit in Hilton May (hoof van die Hoërskool Breërivier), Isaac Antonie (hoof van Ashton Sekondêr), Arnold Mei (hoof van Hexvallei Sekondêre skool), Salome October (waarnemende skoolhoof by die Hoërskool Zwelethemba), Felicity Pietersen (adjunkhoof by WSS), Cathy Roodman (adjunkhoof by Esselenpark Sekondêre skool), Natasha Africa (onderwyser by WSS) en Neil Pietersen (onderwyser by HB). Jeugdiges wat ook vereer is as ’n boodskap van hoop aan die jeug van Worcester, was onder andere Elton Shortles, Chantal van Reenen, Marshall Lottering, Clarique Davids, Jumark Lekhoro, Barenice Wildskut, Charlton Baxter, Hanlie Davies, Rugail Joshua, Allistor Adendorff, Sherredon Lennert, past. Sheree Roux, past. Estelle Fredericks, die profete Stephen en Fatima Lotz, past. Dudley en Carol Aries. Die stigters van die organisasie, Ronel en Gerald Pullin verskyn o


Leiers vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article