Tariq Klink by sy ma. Foto:


Tariq Klink, ’n model en wenner van vele modelkompetisies, het verlede week sy eie modelakademie geopen.

Hy het aan die einde van verlede jaar die prys as Beste Manlike Model by die SA skoonheidskompetisie gewen.

“Ek vat vir eers ’n breek van aan kompetisies deelneem. Toe sit en wonder ek by myself – ons gemeenskap het iets positief nodig vir die jeug. Die idee kom al vir bietjie meer as ’n jaar aan, maar noudat ek tyd het, het dit weer by my opgekom en ek het besluit om die akademie te begin,” vertel hy.

Die TK Modeling Academy sal elke Saterdag klasse aanbied waartydens gassprekers saam met Klink lesse sal gee.

“Ons gaan oor verskeie onderwerpe praat, soos hoe om jouself te stileer, beroepsopleiding en hoe om te stap wanneer jy modelleer. Ons sal hulle ook leer hoe om met beoordelaars en tydens onderhoude te praat. Dis net ’n paar van die goed wat ons met die kinders sal doen.”

Seuns of meisies van driejarige ouderdom af kan by die akademie aansluit.

“Dis oop vir almal. Dit is ook oop vir mense van verskeie groottes en lengtes. Ons het ’n registrasiefooi van R200 waarna ’n maandelikse fooi van R150 per maand betaalbaar is.”

Die akademie word uit Chipros aangebied.

Klink sal sy leerders deur al hul kompetisies deur die loop van die jaar afrig en dit ook saam met hulle bywoon.

“Ons sal dan aan die einde van die jaar ’n toekenningsaand hou waar ons die lede en die vordering wat deur die jaar gemaak is, sal vereer,” sê hy.

. Kontak Tariq Klink by 063 301 7753 of klinktariq24@gmail.com vir nog inligting.

Kontak ook die akademie deur sy Facebook-blad, TK Modeling Academy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article