’n Groep vroeëkinderontwikkeling-onderwysers van verskeie skooltjies het Dinsdag 28 Februarie ’n bewusmakingsoggend op Kerkplein gehou. Die Smart Start-leerprogram is by hierdie geleentheid bekendgestel, wat by vroeëkinderontwikkelingsentrums van stapel gestuur gaan word. Die program is gemik op kinders 0 tot 5 jaar oud en fokus op die belangrikheid van hoe en waarom ’n kind se brein van daardie ouderdom af moet leer en ontwikkel en hoe om hulle in sekere roetines te kry. Van links is Elmarie Jantjies, Christina Links, Carmen Daniels, Lillian Cupido, Hazel Herwel, Dina Fortuin, Esethu Thelejana, Juanita Baadjies en Charmaine Ross. Foto: Tamsyn Jantjies


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article