Leerders van Uitnood NGK Primêre Skool naby Robertson is die afgelope Vrydag (13 September) met ’n opvoedkundige uitstappie na die Potberg Natuurreservaat in die Overberg bederf. Hier het hulle aan begeleide staptogte, voëlkyk en interaktiewe lesse oor bewaring en die omgewing deelgeneem. Hierdie praktiese ervarings het nie net hul leer verryk nie, maar ook ’n groter waardering vir die natuurlike wêreld rondom hulle bevorder. UItnood se skoolhoof, me. T. van Reenen, sê dit was ’n “wonderlike en onvergeetlike ervaring” vir die leerders. “Die reis was ’n opvoedkundige en prettige avontuur vir ons leerders, wat hulle die kans gegee het om met die natuur te skakel, unieke landskappe te verken en meer te leer oor die diversiteit in die reservaat.” Sy het almal hartlik bedank vir hul bydraes en skenkings wat tot die sukses van die toer gelei het en die harte van die leerders baie bly gemaak het. “U ondersteuning het hierdie opvoedkundige avontuur ’n werklikheid gemaak en ons is opreg dankbaar vir u toewyding aan ons leerders se groei en ervarings.”


Uitnood Toer na Potberg-

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article