Outismemaand word tans oor Suid-Afrika heen gevier.

Outismemaand word jaarliks in April gevier om meer bewusmaking oor dié ontwikkelingstoestand te skep.

Outisme is ’n neuro-biologiese ontwikkelings­versteuring wat meestal deur beperkte sosiale interaksie, sensoriese en kommunikasie-uitdagings en herhalende en stereotipe gedrag gekenmerk word. Dit kan beteken leerders op die Outismespektrum­versteurings (OSV) is sensitief vir teksture van alles – van hul klere tot hul kos. Herhalende gedrag is ook algemeen. Leerders kan gereeld frases en woorde herhaal wat hulle op televisie gehoor het.

Hierdie uitdagings maak dit dus moeiliker vir outistiese leerders om in hoofstroomskole in te skakel.

“Een leerder met OSV verg die ondersteuning, beplanning en onderrig wat ses hoofstroomleerders vereis. Geen twee OSV-leerders is dieselfde nie en vir elke leerder moet wyse van kommunikasie aangebring word om die leerder te ondersteun, verstaanbaar en meer onafhanklik van ander mense te maak,” vertel ’n onderwyser van ’n gespesialiseerde skool.Uitdagings?. Taal en kommunikasie: Leerders met outisme se ontwikkeling van spraak en taal mag abnormaal, afwesig of stadig wees. Daar mag min reaksie wees wanneer mense met hulle praat. Hulle kan ook voorkom asof hulle doof is. Hulle vind dit moeilik om ’n gesprek te voer. Hulle mag op ’n formele, stram of hoogdrawende manier praat. Dit is ook bekend dat hulle eerlik kan wees, tot só ’n mate dat hulle as kortaf of ongeskik voorkom.. Sosiale interaksie: Mense met outisme mag voorkom asof hulle eensaam is of nie werklik vir ander mense omgee nie. Hulle sukkel om lyftaal te lees of om die noodsaaklikheid van beleefdheid se verstaan. Mense met outisme mag oogkontak vermy as hulle bekommerd voel of onder druk verkeer en hulle hou nie van fisieke kontak nie en hul gedrag mag onvoorspelbaar wees omdat hulle sukkel om sosiale situasies en taal te verstaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article