Die swemmers van Worcester Primêr het op 25 Februarie aan die Gericke-swemgala deelgeneem. Hierdie swemmers het besondere prestasies behaal. Agter is Theuns van der Westhuizen (seuns o.12, goue medalje), Paris Burger (meisies o.11, twee brons- en twee silwermedaljes), Disha Patel (meisies o.10, silwermedalje) en Luhle Mpekulu (seuns o.14, twee goue medaljes). Voor is Kate Botha (meisies o.7, twee silwermedaljes), Carl van der Westhuizen (seuns o.9, silwermedalje) en Mila Kock (meisies o.7, drie goue medaljes).


Leerders is soos visse in die water

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article