Skole sal nou weer voltyds oop wees vir onderrig nadat die regering veranderings aan die aangepaste waarskuwingsvlak 1 aangekondig het.Foto:


Skole sal nou weer terugkeer na nor­maal nadat ’n spesiale kabinets­vergadering Maandag veranderings aan die aangepaste waarskuwingsvlak 1-Covid-19-regulasies goedgekeur het.

Dit volg ná vergaderings van die nasionale koronavirusbevelsraad en die president se koördineringsraad wat opdaterings ontvang het oor die bestuur van Covid-19 in die land.

Volgens die verklaring, wat deur die regering uitgereik is, is die verande­rings te wyte aan die dalende aantal gevalle en die hoë natuurlike immuni­teit in die Suid-Afrikaanse bevolking.

Een van hierdie veranderings wat onmiddellik van krag is, is die hervatting van skoolopleiding tot voltydse leer in alle skole.

Luidens die verklaring sal laer-, sekondêre en spesiale skole na daaglikse bywoning terugkeer. Kinders hoef ook nie meer ’n afstand van 1 meter van mekaar te wees nie.

Nog veranderings is as volg:. Diegene wat positief getoets word sonder simptome het nie nodig om te isoleer nie.. As jy positief toets en wel simptome toon, is die isolasie-tydperk van 10 tot sewe dae verminder.. Kontakte hoef nie te isoleer nie, tensy hulle simptome ontwikkel.

Volgens die verklaring sal die ministers van gesondheid en basiese onderwys in die komende dae riglyne uitreik wat oor hierdie nuwe benadering besin.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article