Cameron du Toit, die graad 11-leerder wat die loopbaanuitstalling by Hoerskool Breërivier georganiseer het. Foto:

Credit: SYSTEM

Die Hoërskool Breërivier het ’n baie suksesvolle loopbaanuitstalling op 23 September aangebied.

Wat die geleentheid verder baie spesiaal gemaak het, is die feit dat die uitstalling heeltemal deur ’n gr. 11-leerder, Cameron du Toit, gereël is.

Buiten die leerders van die Hoërskool Breërivier, is die geleentheid ook deur die gr. 8-leerders van Victoriapark en Rivierview Primêr bygewoon.

Leerders het die geleentheid gekry om met individue in die verskillende velde te meng en sodoende eerstehandse kennis oor beroepe in te win sodat hulle later ingeligte besluite kan neem. Baie leerders kom uit moeilike omstandighede, en daarom was Cameron se boodskap aan die leerders: “As die lewe jou druk, dan druk jy terug.”

Volgens Hilton May, die Hoërskool Breërivier se hoof, was die uitstalling ’n geleentheid vir leerders wat nie altyd oor die hulpbronne beskik om navorsing oor loopbane te doen nie.

Die organiseerders wil die volgende instansies bedank vir hul bydrae om ’n sukses van die geleentheid te maak:. Stellenbosch. Boland College. Nedbank. Brandweer. Maatskaplike Dienste. Korrektiewe Dienste. Ambulansdienste. Verkeer. College of Cape Town. Munsipaliteit. Elton Shortels Prokureurs. SATV. Dominee James Van VGK Worcester Suid. Die Departement van Gesondheid. Coke

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article