Langerugskool se atlete het onlangs baie goed gevaar by die Boland-kampioenskap. Anroux Brand en Matthew Williams het die eerste plek in gewigstoot behaal, terwyl Kendrick Visser tweede in die 1 500 m-wedloop was. Gian Maree en Matthew Swanepoel het die derde plek in gewigstoot behaal, met Anroux Brand wat ook derde in die 100 m-naelloop was. Saam met die atlete is hul skoolhoof, Mariet Oosthuysen (links). Deelnemers aan die kampioenskap was Matthew Williams, Anroux Brand, Gian Maree, Kendrick Visser, Anzio Brinkhuys, Matthew Swanepoel, Jackson Williams en Anzio Brinkhuys.


Langerugskool-atlete spog met medaljes

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article