Vandeesweek se toonhuis word eksklusief bemark deur ATM Eiendomme en is geskik vir ’n belegger of eerste huiskoper.
Die huis bied twee oopplan-leefareas, ’n kombuis met ingeboude stoof, netjiese kaste en ’n waskamer. Die twee slaapkamers is ruim met ingeboude kaste en nuwe matte. Daar is een volledige badkamer en ’n aparte toilet.
Die huis is onlangs binne opgeknap met netjiese teëls as vloerbedekking in die kombuis en leefareas. Die familiekamer is lig en sonnig en is toegerus met ’n kaggel en lugreëlaar. ’n Skuifdeur lei na die groot agtertuin.
’n Buitekamer met eie badkamer is netjies en word tans verhuur. Die geoutomatiseerde motorhuisdeur is gerieflik en daar is genoeg parkering vir ekstra voertuie.
Geleë op ’n baie ruim erf, bied dié eiendom vele moontlikhede. Hierdie is ’n unieke geleentheid.
Besigtig die eiendom deur ons kantoor te bel by 023 347 1717 of vir Barbara by 084 517 6478, Neréna by 083 635 4252 of Natie by 082 634 1744.




