Dominee Reginald Simpson, leraar van Tulbagh VGK, het Woensdag ’n byeenkoms by die Laerskool Waveren in Tulbagh waargeneem waartydens die top-10-leerders vir hul sukses in die eerste kwartaal vereer is. By die geleentheid was die personeel gretig om saam met ds. Simpson vir ’n foto te poseer, aangesien hy ná 35 jaar gaan aftree. Bo, agter van links, is Melony Apollis, Mariette Smith, Gershwin Waterboer, Anthony Oliphant, Roshlin Lekay, Heleen Maass en Alrich Meyer. Middel: Roché Luitjies, Patricia Salomo, Carme Pietersen, Alicia Luitjies, Caithlin Maans, Ebenice Manuel, Deslynn Pietersen, Anje Cilliers, Elzaan Sass, Monica Williams, Jenniline Karelse, Jolene Pallas en Peter Luitjies (waarnemende adjunkhoof). Voor: Jaime-Lee Lakey (wnd. departementshoof), Anne Absalom (departementshoof), ds. Reginald Simpson, Shirley Demas (wnd. adjunkhoof) Brenda Botha, Solene Fortuin (wnd. departementshoof), Shandre Ford (wnd. departementshoof) Chamaine Lewis, Cindy Pietersen en Millichan Korasie. Inlasfoto: Neville Jones (hoof). In die agtergrond is die leerders van gr. R tot 7 van Laerskool Waveren. Foto: Peter Luitjies


Laerskool Waveren vereer topleerders; groet ds. Simpson

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article