Met die huidige warm, droë en winderige weersomstandighede huidiglik, beteken dit ook ’n hoë brandgevaar.Foto: Wynland-branddienste

Credit: SYSTEM

“In die Kaapse Wynland Distrik is brandseisoen in volle gang en ons brandweerdienste is gedurende die afgelope 24-uur na ‘n aantal brande ontbied, insluitend een in Franschhoek en die brand van vanoggend in die Paarl, wat albei suksesvol bestuur en ingekamp is,” waarsku die Uitvoerende Burgemeester van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Elna von Schlicht.

“Die volgende paar dae gaan dit baie warm word, met temperature wat bo die 40°C-merk gaan styg. Dit is waarskynlik dat ons ’n toename in veldbrande gaan sien.”

“Dit is noodsaaklik dat ons veilig bly gedurende hierdie warm weer; dit beteken ook dat ons nie vure moet maak op plekke wat veld- of natuurlikeareas grens nie, selfs al is as daar braaigeriewe beskikbaar. Pak eerder ’n piekniek wanneer julle ons natuurlike ruimtes besoek.

“Onthou dat die hitte gevaarlik is; drink baie water en maak seker dat jy ‘n hoed en sonskerm dra wanneer jy buite is. Enige person kan ‘n veldbrand rapporteer.”

In die Kaapse Wynland is die nommer om te skakel 021 887 4446, of jy kan jou naaste owerheid kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article