Die Young Stars-vlakkiekrieketspan sien daarna uit om die naweek aan die kwarteindstryd van die Burgemeesterstoernooi deel te neem.Foto:

Credit: SYSTEM

Alle paaie lei hierdie naweek na Hexpark en Roodewal vir die Vlakkiekrieket-burgemeesterstoernooi se kwarteindstryde.

Die toernooi wat deur die Breedevallei-gemeenskapskrieketassosiasie gereël word, in samewerking met die departement van gemeenskapsdienste by Breedevallei-munisipaliteit, het in Oktober 2023 met 20 spanne begin. Vier groepe van vyf spanne elk het in ’n dubbelronde meegeding. Slegs agt spanne bly oor, wat op ’n oorkruisbasis teen mekaar gaan uitspeel.

In groep A het Clovers eerste geëindig terwyl Pumas groep B gewen het. Groep C is deur Pro Eagles gewen met Young Stars wat in groep D koning gekraai het.

Wedstryde word in die volgende formaat gespeel:

. Groep A 1 t. Groep C 2

. Groep A 2 t. Groep C 1

. Groep B 1 t. Groep D 2

. Groep B 2 t. Groep D 2

Wedstryde word op Edengarden (Roodewal) en Ryderpark (Hexpark) gespeel, met twee wedstryde per veld. Die eerste wedstryde begin om 13:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article