’n Kursus in die gebruik van Lego word môre (17 Maart) in die Worcester-stadsaal in Hoogstraat aangebied.

Hierdie kursus beoog om opleiding en stimulering deur Lego-blokkies vir voorskoolse kinders te bied.

Die kursus begin om 10:00 waar 54 kleuterskole, speelgroepe, dagsorgsentrums, grondslagfase-opvoeders en nasorgsentrums van Worcester, Ceres en Robertson deel van die kursus sal vorm.

Die aanbieder van dié leersame kursus is Theresa Soci van die organisasie ORT SA Cape in Kaapstad.

Na afloop van die kursus, wat gratis aangebied word, kry elke deelnemende groep ’n houer met Lego-benodigdhede ter waarde van R8 000. Die ontvangers moet slegs die koerierkoste betaal.

Die Lego-speelgoed kan dan deur anders kinders gebruik word, wat ook daagliks deur hul ouers aan sentrums toevertrou word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article