Die Robertson-krieketklub se afrigtingspan: Voor: Kerneels Jacobs, Augie Saayman, Zahir Abrahim en Dieter Jeneke. Agter: Yusri Abrahim en Wayne Matthys.Foto:

Credit: SYSTEM

Die Robertson-krieketklub (RKK) het tans twee manspanne en een vrouespan en is geseënd met al die afrigters tot sy beskikking.

Onder die afrigterskorps is die ervare Zahir Abrahim, wat voorheen vir Boland, Griekwas, Dolphins en SA A krieket gespeel het. Hy het ook in Engeland gespeel en ’n bietjie in Nieu-Seeland afgerig. Hy was ook die sameroeper van keurders by Boland Krieket.

Sy assistent by Robertson se A-span is Yusri Abrahim.

Die B-span-afrigters is Augie Saayman en Wayne Matthys. Hierdie is manne wat ook op hul dag die pragtige spel goed bemeester het.

By die vroue-liga is Dieter Jeneke en Almarie Salies aan die stuur van sake.

Die spanbestuurder is Kerneels Jacobs.

RKK het ook goeie verhoudings met skole in die streek, soos Robertson Laer, Langeberg Sekondêr en Robertson Hoër.

RKK doen ’n beroep op almal wat graag krieket wil speel om met die afrigters kontak te maak. RKK kan ook spesiale afrigting reël, indien skoolleerders dit benodig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article