Plaaslike uitblinkers in die internasionale vredesplakkaat-kompetisie is Taytum Cupido (Wynland Primêre Skool) en Herchelle Afrikaner (Glen Heatlie Primêre Skool). By hulle is Jéan Fouché, die president van die Worcester-Lionsklub.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Uitstekende kunstalent in Worcester is in die plaaslike deel van die internasionale vredesplakkaat-kompetisie, wat op 24 Oktober deur die Worcester-Lionsklub aangebied is, ten toon gestel.

Volgens die Lionsklub se president, Jéan Fouché is dit ’n besonderse poging deur die plaaslike jong kunstenaars en is die klub beïndruk met die kreatiwiteit van die jong kunstenaars.

Twee 12-jarige leerders, Herchelle Afrikaner van Glen Heatlie Primêre Skool en Taytum Cupido van Wynland Primêre Skool, beide in Worcester, het al twee eerste pryse verower.

Hul kunswerke dring ook deur na die volgende ronde van die internasionale vredesplakkaat-kompetisie vir 11- tot 13-jarige leerders wêreldwyd.

Dit is die 35ste jaar dat só ’n internasionale kompetisie aangebied word.

Lead with compassion was hierdie jaar se tema om sodoende wêreldvrede vir jong mense oor die hele wêreld heen te beklemtoon.

Een internasionale wenner en 23 merietewenners gaan binnekort aangewys word, en die wenner sal met ’n geldprys van ongeveer R45 000 en ’n oorsese reis vir drie mense na New York weg stap.

Die prysuitdeling sal op Lionsdag gedoen word.

Internasionale wenners se kunswerke is by www.lionsclubs.org te sien.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article