Die Worcester-fotografieklub kom vanaand, Donderdag 11 April, in die saal van die Hooggelegen-aftreeoord bymekaar en die foto-tema vir Aprilmaand is Hande/Hands.
Kom kyk, geniet die foto’s saam met lede en leer meer oor fotografie, of deel jou kennis met ander lede.
Die klub bied ’n besonderse en opwindende ruimte om jou kreatiwiteit te ontdek en te ontwikkel. Dit kan ook ’n leerryke stokperdjie wees, en by die klub kry elkeen die geleentheid om sy/haar ontdekkingsreis te kom deel.
Wat maak die neem van foto’s so spesiaal? Hoekom gaan ek nêrens heen sonder my kamera nie? Omdat my kamera dalk net die deurslaggewende rol kan speel in die bevordering van die kunste, vermaaklikheid en selfs die wetenskap wat tot verdere navorsing kan lei. Selfs die media – ’n joernalis met ’n kamera – dra by tot die bevestiging of die bewys van wat om ons in die wêreld aangaan.
. Tyd: 18:30 vir 19:00. Alle belangstellendes is welkom om dit by te woon. Bring saam: Rybewys vir toegang by oord se hek en ’n beker vir koffie/tee (koffie en tee word voorsien).
. Kontak Lin Adshade by 082 638 5624 vir meer inligting.





