’n Jare lange koerantverkoper is onlangs oorlede. Foto:


Een van Standard se straatverkopers is verlede week oorlede.

Julian April, ook bekend as Duff, was vir langer as 20 jaar ’n straatverkoper en het in onlangse jare by Kerkplein op die hoek van Kerkstraat en Adderleystraat koerante verkoop.

“Hy was vir ’n tydjie siek. Hy het kanker gehad, maar het eers verlede maand uitgevind. Hy was nie lief vir hospitaal toe gaan nie, maar toe hy verlede maand gaan, het die dokter vir gesê hy het longkanker,” verduidelik André (Tamatie) Neethling, April se neef en mede-straatverkoper.

Die twee was soos broers en het nie net saam gewerk nie, maar baie dinge in die lewe saam gedoen.

“Ek gaan hom baie mis. Hy was maar ’n mannetjie van baie min woorde. Hy was verskriklik lief om die nuus te lees, en was net so lief vir sport. Ons twee het verskeie plaaslike spanne ondersteun, dus was daar altyd daai lekker geskerts onder die twee van ons. Ons was soos broers en het alles saam gedoen.”

April se liefde om koerante te lees en op hoogte te bly van wat om hom aangaan, het hom gelei om ’n straatverkoper te wees. Hy het in Roodewal gewoon en word deur ’n dogter oorleef. Hy sal die naweek ter ruste gele word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article