Klein, maar hy kán!

Philip Viljoen, ’n graad 4-leerder aan Hexrivier Opvoedkundige Sentrum, het die afgelope atletiekseisoen puik in die seuns o.10-gewigstootitem presteer. Hy het ’n eerste plek by die streeksbyeenkoms behaal en daarna ’n tweede plek by die Noord-Boland-byeenkoms, ’n derde plek by die Boland-byeenkoms en ’n tweede plek by die Wes-Kaapse kampioenskap. Philip het hierna op 26 Maart aan die SA skolekampioenskapsbyeenkoms in Potchefstroom deelgeneem en die goue medalje gewen.

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Klein, maar hy kán!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article