Die Laerskool Worcester-Oos se standerd-5-klas van 1963 het onlangs besluit om by die skool bymekaar te kom. Hulle was omtrent opgewonde. Die idee het by Thys van Huysteen ontstaan, en so is hulle almal en sommer nog ’n paar uit ander jare ook bymekaar gebring. Selfs hul juffrou, Christine Frylinck, wat onder die meeste Worcesteriete as Christine Viljoen van Viljoen Juweliers bekend is, was ook by. Dit was omtrent ’n jolige klomp bymekaar. Sommige van die mense se kleinkinders is ook al deur Worcester-Oos. Die skool was eers bekend as die plankskool. In 1964 het hulle die huidige skool gebou. Die eerste skoolhoof was Laurie Kühn en een van sy dogters het ook die geleentheid bygewoon. Daar is omtrent staaltjies vertel. Dit was net weer eens ’n bewys van watter gehalteprodukte die Laerskool Worcester-Oos gelewer het – en steeds lewer.


Klas van 1963 weer byeen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article