Die Progressive-kerrimbordspeletjie-span van Riverview in Worcester het verlede week aan ’n kerrimtoernooi in Belhar deelgeneem, wat deur Kings van Kuilsrivier aangebied is. Dié span het ook die toernooi gewen. Kerrim was baie gewild in die 1980’s en 1990’s en is destyds deur verskeie spanne in Worcester gespeel, soos die Pro’s, Eagles, Hilites, Whams, Cross Cues, Shot Runners, Carnations, Olimpic en Crown Leaves. Die sport het egter doodgeloop en is tans besig om weer op die been te kom. Kerrimbordspeletjie-spanne wat borde en ander gereedskap wil laat maak, kan Renis Ferus (071 168 2652) en André Johnson (082 408 3241) kontak.

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article