Last Days Family Church het verlede Saterdag (25 November) ’n gesinsdag by die Riverside-gholfklub in Worcester gehou. Die dag se verrigtinge was deel van die kerk se geldinsameling en uitreiking na die gemeenskap. Altesaam 66 spelers het aan die 2-ball American Scramble-gholfkompetisie deelgeneem. Met Kersfees om die draai het die organiseerders van die dag toegesien dat elke speler met ’n prys wegstap. Die drie top-pryse van die dag was onder andere twee heel skape, twee halwe lammers en twee 10 kg-hoender-pakke. Van links is Wiaan Plaatjies (wenner), Denovan Philips (organiseerder), Cedric Rooi (wenner) en Dalene Philips (organiseerder). Foto:

Credit: SYSTEM

Kerk hou gesinsdag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article