Meer as 800 leerders van HTS Drostdy het Donderdag 15 Februarie in Worcester aan die lang verwagte kaskarren as deel van die skool se verjaardagvieringe deelgeneem. Elke registerklas het ’n tema gekry en moes daarvolgens aantrek. Die klasse het al van vroeg die oggend gesigte geverf, hare gevleg en reggemaak. Elke graad se klasse het teen mekaar deelgeneem en daarna het die wenners uit elke graad die finale ren gery om te kyk wie die algehele wenner sou wees. Om die dag af te sluit het die matrieks teen die onderwysers deelgeneem. Bo is die wenspan vir die dag, die gr. 10B-klas, wat as “pretty in pink-ballerinas” opgetooi was.

Credit: SYSTEM

Kaskar-kaskenades by Drostdy

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article