Karatekas van die Kaapse Wynland (die voormalige Boland-span) het onder leiding van kyoshi shihan Johnny Cardoso almal medaljes by die 44ste Suid-Afrikaanse Goju Khai-kampioenskap ontvang. Dié kampioenskap is van 9 tot 11 Augustus in Bloemfontein gehou. Die span is, agter van links: kyoshi shihan Johnny Cardoso, Lize Phillips, Genevieve Koen, Anneke van der Merwe, Melanie van Deventer, Anfra van der Merwe, sensei Bertie van Greunen en Niels Beyers. Middel: Jacques van Deventer, Ruan du Toit, Mare Gerstner, Elaine Venter, Karla Lotter, Luke Strydom en Luan van Zyl. Voor: Tyro-Lee Germishuys, Minki Viljoen, Jordan Sieckers, Danhil Nieuwoudt en Lina Phillips. Afwesig: Sensei Nico Drake, sensei Alton Sauers en sensei Jason Juicey. Foto: Enrico Claassen


Karatekas oes medaljes by nasionale kampioenskap in

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article