Die Kushido Robertson-karateskool het die laaste gradering vir 2023 gehad. Die studente het baie goed gevaar en almal teenwoordig is bevorder na ’n ander vlak. Mikhail Malgas (agter, vierde van links), is na bruingordel bevorder. Op die foto links is die Kushido Robertson-familie – die studente saam met hul ouers. Die karateskool bestaan al van 1983 af en staan tans onder leiding van Kyoshi Ronald Lekay (derde van links), Kyoshi Freddy Williams (derde van regs) en Sensei John Moore (vierde van links). Dit is ook die afsluiting van die amptelike werksaamhede vir 2023. Beginners word in begin Februarie 2024 ingeneem.

Credit: SYSTEM

Karateka bevorder

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article