Die Tulbagh-polisie se nuwe stasiebevelvoerder, kapt. Viala Groenewald.

Credit: SYSTEM

Die Tulbagh-polisiekantoor het onlangs ’n nuwe stasiebevelvoerder gekry. Standard het ’n paar vrae aan kapt. Viala Groenewald gevra:

1. Toe u jonger was, wat het u geïnspireer om by die SAPD aan te sluit? En by watter polisiekantoor het u begin werk?

Ek wou nog altyd ’n maatskaplike werker word; dit was die naaste daaraan. Ek glo ook dat God my in hierdie omgewing geplaas het. Ek is dol oor my werk en het steeds ’n passie daarvoor. Ek het by die Saron-polisiekantoor begin.

2. Hoe lank is u nou al ’n lid van die SAPD?

Ek was baie jonk toe ek by die polisiediens aangesluit het – ek was maar 17 jaar oud. Ek is dus al 30 jaar ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

3. Hoe voel u oor die bevordering as stasiebevelvoerder?

Dit is ’n groot uitdaging, maar met God se genade is ek gereed daarvoor.

4. Hoe sal u u loopbaan tot dusver beskryf?

Uitdagend, geseënd en vol verrassings.

5. Wat is u plan van aksie vorentoe as die nuwe stasiebevelvoerder?

Ek het ’n visie om met ons gemeenskap te werk en meer aandag aan ons bejaardes en jeug te gee.

6. Watter deel van in die polisie wees is u gunsteling en watter deel hou u minder van?

Om met die gemeenskap deur middel van projekte te kommunikeer, maar ek het niks in my loopbaan waarvan ek nie hou nie. Ek pas vinnig aan.

7. Het u dalk ’n boodskap vir die gemeenskap van Tulbagh?

Die gemeenskap moet positief bly en bystand aan die SAPD verleen. Neem hande om misdaad die hoof te bied en stel gemeenskapsveiligheid eerste.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article