Van links staan Sidney Titus, Jan Abrahams, Francina Kalmeyer, Lunida Samim, Daniel Dirks (voorsitter van Educatio), Tommy van Zyl (Kaapse Forum), Hendrik Hendriks, Aubrey Philander en Bernard Pieters (Kaapse Forum).


Die burgerregteorganisasie Kaapse Forum het Woensdag 14 September ’n nuwe netwerkvennoot, Educatio, besoek en ’n werksessie aangebied om die toekomstige samewerking in ’n verskeidenheid van projekte te bespreek.

Tydens dié geleentheid het die Kaapse Forum ’n volledig toegeruste mediese sak aan Educatio se voorsitter, Daniel Dirks, as deel van die eerste gesamentlike projek oorhandig.

Dirks het die Kaapse Forum vroeër vanjaar in verband met ’n samewerkingsooreenkoms gekontak. Verskeie projekte, waaronder landbou, veiligheid en kultuur, is tydens dié werksessie in Ceres bespreek.

“Ons is vreeslik opgewonde oor toekomstige projekte waaraan ons saam kan werk en om mekaar se kennis, kundigheid en ervaring tot die voordeel van beide groepe te kan deel,” sê Tommy van Zyl, ’n koördineerder vir die Kaapse Forum.

Die gedeelde waardes en uitkomstes tussen dié twee groepe verseker ’n goeie saamwerkverhouding vir die toekoms.

Educatio is deur ’n groep besorgde ouers op die been gebring om die probleem van leerders wat in groot getalle op ’n vroeë ouderdom uit die skool gaan, wou takel. Educatio het ten doel om hierdie leerders óf weer terug in die onderwysstelsel te kry – weer in die tradisionele skoolstelsel – óf in alternatiewe vorms van onderwys om sodoende hardwerkende en begaafde leerders ’n tweede kans te gee.

Raak vandag nog by die Kaapse Forum betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur e-pos na info@kaapseforum.co.za, of sluit by Kaapse Forum aan by www.kaapseforum.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article