Kaap van storms: Voorlopige bevindings van storm impak op toerismebedryf toon dat Overberg en Kaapse Wynland die swaarste getref is

‘n Bakkie sit vas nadat ‘n deel van die pad by die Keiserivier in McGregor weggespoel het. Dit het veroorsaak dat McGregor vir byna twee weke grotendeels van die res van die wêreld afgesny is.Foto:


Ná die uiterste weer oor die Erfenisnaweek is die Wes-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme hard aan die werk om die impak van die storm spesifiek op toerisme- en gasvryheidsondernemings oor die provinsie heen ten volle te verhaal.

“Dit is noodsaaklik vir ons as die Wes-Kaapse regering om soveel inligting te kry as wat ons kan oor die impak van die storm, sodat ons al die behoeftes kan prioritiseer. Daarom wil ek toerisme- en gasvryheidsondernemings aanmoedig om deel te neem aan die aanlyn opname, wat ons oopgehou het om te verseker dat soveel as moontlik belanghebbendes hul insette kan lewer,” het die provinsiale minister van finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, gesê.

Toeriste-aantreklikhede kan deelneem deur hierdie skakel te volg – https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=f790rsPPYEeh_gcxr6pVAk6j-LpFY5RPkp60clGYh0dUN0FXR0kzQ0FJQlJXSlBCUklWE4yOF4y

Voorlopige bevindinge van die opname sluit in:

• Die meerderheid van die antwoorde wat ontvang is, is van private ondernemings (wat 91% van die antwoorde uitmaak), terwyl dit duidelik is dat besienswaardighede in staatsbesit soos parke, botaniese tuine, oorde en kampeerterreine ook geraak is.

• Die vyf dorpe wat die meeste geraak word (gebaseer op antwoorde tot op datum) is Franschhoek (11,81% van die respondente), Kleinmond (9,45%), Hermanus (8,66%), Bettysbaai (7,87%) en McGregor (7,09). Die skade wat opgedoen is, was dus in die Overberg- en Kaapse Wynlandstreek gekonsentreer, hoewel skade ook so ver as George aangemeld is.

• Die geaffekteerde eiendomme is hoofsaaklik akkommodasie-inrigtings (38% van die respondente), restaurante/kroeë/kafees (19%), wyntoerisme-aantreklikhede (8%), roete-netwerke (6%) en kleinhandelwinkels (6%).

• Altesaam 44% van die respondente het aangedui dat hulle versekeringsdekking het, maar sommige het daarop gewys dat nie alle skade of verliese gely gedek is nie. Boonop is 26% van die respondente onseker of hulle deur versekering gedek sal word. Altesaam 29% van die respondente word nie gedek nie.

• Altesaam 63% van die respondente moes hul ondernemings tydelik sluit.

Wenger het voortgegaan: “Die toerisme- en gasvryheidsektor is die afgelope paar jaar werklik deur geweldige uitdagings, maar ek is bemoedig deur sy veerkragtigheid en unieke vermoë om terug te bons. Die blote volharding van hierdie sektor is merkwaardig – elke mens en ondernemings lewer ’n broodnodige bydrae tot ons ekonomie en werkskepping. Ons moet alles in ons vermoë doen om die stormskade aan te spreek, sodat ons enige toekomstige uiterste gebeurtenisse sterk kan deurstaan.

“As ons vorentoe kyk, verwag ons ‘n goeie somerseisoen, met 215 internasionale vlugte per week na Kaapstad Internasionale Lughawe vanaf Januarie 2024, teenoor 191 in die vorige seisoen. Om seker te maak dat ons gereed is om besoekers oor die provinsie heen te verwelkom, sal ek later hierdie maand ’n bedryfsgereedheid-geleentheid aanbied, wat sleutelbelanghebbendes uit die toerisme- en gasvryheidsektor bymekaarbring om sleutelvoorbereidings vir die komende somer te bespreek, insluitend die impak van en opvee na die storm,” het Wenger afgesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article