Jong leiers, staan op!
Die Worcester Junior Stadsraad is Vrydag 7 Februarie in die skoolsaal van Worcester Gimnasium ingehuldig. Die raadslede sal ’n termyn van twee jaar dien en verantwoordelike burgerskap en leierskap aanleer deur die proaktiewe gemeenskapsprogramme wat hulle sal organiseer. Alle geld uit hierdie geleenthede sal aan liefdadigheidsorganisasies in die omgewing geskenk word.
Die jong raadslede sal gereeld vergader om hierdie geleenthede te beplan.
“Een van die hoogtepunte van hul termyn is ’n besoek aan die parlement,” sê Esmerelda Pikeur, projekbestuurder van die junior stadsraad.
Die raad bestaan uit 32 leerders, wat uit verskeie skole in die dorp gekies is. Hulle sluit in Jody Williams, Jonathan Phillips, Keesha Vellem en Tyrique de Koker (Esselenpark Sekondêr), Gregan van der Merwe, Jade Uys, Ruzelle Benn en Shanruné Salo (die Hoërskool Breërivier), Caillib Witbooi, Chloé Claassen, Taylea Fredericks en Zaydley Human (die Hoërskool Montana), Armand Jordaan, Edith Isidore, Helette du Plessis en Kehara Karriem (HTS Drostdy), Blessing Nhundu (Pioneerskool), Aaleyah Cochrane, Luminathi Bushwana, Maria Manwadu en Siphelele Swane (Somerset High), Iminathi Lamba, Lisakhanya Magqaza, Othandwayo Peter en Ratidzo Mudzimurema (Vusisizwe Sekondêr), Gailan Page, Onalo Mzazela en Sebastian le Roux (Worcester Gimnasium), asook Anastacia Spocter, Courteney Nonney, Jenové Ceasar en Zoë Murphy (Worcester Sekondêr).
Die uitvoerende komitee bestaan uit Jonathan Phillips (tesourier), Gailan Page (junior burgemeester), Aaleyah Cochrane (junior Speaker) en Caillib Witbooi (stadsklerk). Portefeuljes is soos volg toegeken: Edith Isidore – gemeenskapsontwikkeling, Armand Jordaan – openbare betrekkinge, Shanruné Salo – skoolontwikkeling en Luminathi Bushwana – administrasie.
Heidi Steenberg, ’n landdros, het oor die nuwe raadslede se aflegging van die eed toesig gehou.





