Altesaam 25 spanne van oor die Wes-Kaap heen het deelgeneem. Dit het vier spanne van die SA Lugmag ingesluit.
Spanne het in drie afdelings meegeding. In die A-afdeling het die span van Worcester en van die Visarende sake uitgespook en die wenners kon eers na die laaste skei van die dag bepaal word.
Die wenners in die onderskeie afdelings was:
. A-afdeling: Visarende eerste, Worcester tweede en SA Lugmag derde.
. B-afdeling: Worcester B2 eerste, Worcester B1 tweede en Kleinmond derde.
. C-afdeling Quattro Amici eerste, Die Terugkommers tweede en Worcester derde.





