Toutrekspanne van Worcester Gimnasium het oor die afgelope weke in landwye toutrektoernooie uitstekend gevaar. Die o.15-420 kg-en 440 kg-seunspan het silwer by die WP se Wynland-kampioenskap gewen.

By die Wes-Kaapse kampioenskap het die 440 kg-seunspan goud gewen en provinsiale kleure verwerf. Die 440 kg-meisiespan het silwer losgetrek en die o.15-420 kg- seunspan het brons gewen.

By die onlangse SA kampioenskap het die 440 kg-seuns- en 440 kg-meisiespanne vierde geëindig.Die 480 kg-meisiespan was vyfde en die 420 kg-seuns ook vierde.

Worcester Gimnasium se meisies-440 kg-toutrekspan het ‘n besonder goeie seisoen agter die rug.
Die o.15 seuns-420 kg-toutrekspan van Worcester Gimnasium wys keer op keer dat hy een van die beste is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article