Youth Stars, ’n organisasie sonder winsoogmerk en wat hom daarvoor beywer om ondersteuning te bied aan die gemeenskap van Roodewal in Worcester, het op 24 Desember ’n Kersparty vir die gemeenskap gehou. Hul hooffokus is jeugontwikkeling en deur middel van opvoeding en ondersteuning probeer hulle die jeug help om hul uitdagings te oorkom wat onder meer bende-aktiwiteite, drank- en dwelmmisbruik, tienerswangerskap en werkloosheid betref. Hulle besef ’n beter toekoms kan wel binne hul bereik wees. Youth Stars het ook hul eie sopkombuis, wat gereeld etes uitdeel. Youth Stars bestaan uit sewe vrywilligers wat met 48 jeugdiges werk, asook twee sport- afrigters wat die jeug deur middel van sport bemagtig. ’n Potjiekoskompetisie is by die straatpartytjie in Hitchcockstraat gehou en na afloop hiervan is die kos aan die gemeenskap geskenk. Mense het straatspeletjies gespeel en geskenkpakkies is uitgedeel.Foto:


Jong sterre stel ’n voorbeeld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article