Cape Winelands 8 Ball Pool-streek (CWR) het Saterdag 15 Februarie ’n baie suksesvolle potspel-afrigtingskliniek by Valley Pool Academy (VPA) in Worcester aangebied. Die meer as 40 o.18-spelers is oor die basiese vaardighede van potspel deur die aanbieder, Galiek Saville, touwys gemaak. Die deelnemers moes ook ’n kort geskrewe eksamen (quiz) aflê. Opvolg-afrigtingsessies om meer gevorderde tegnieke en vaardighede te bemeester, word beplan. Alle deelnemers is uitgenooi om by die Cape Winelands 8 Ball Pool-streek te registreer en op 9 Maart aan die CWR junior proewe by VPA deel te neem. Daar was heelparty jongelinge wat tot op hede slegs blackball speel, maar in belang van cue sport in Cape Winelands en moontlike nuwe rekrute vir 8 ball is hulle verwelkom. Die deelnemers is ná die afrigtingskliniek in twee groepe verdeel na gelang van hul vlak van vaardigheid en of hulle in die 8 bal-liga speel al dan nie. Die groepe het toe aan twee verskillende enkelspelkompetisies deelgeneem. Die wenners van die onderskeie kompetisies, wat elk ’n potspel-stok as prys ontvang het, was: Danny Esterhuizen (nie-liga), Eugene Prins (liga) en Ethan Hansen, wat ook ’n stok as uitskieter in die kort eksamen ontvang het. Die meer as 40 kinders is ook van v


Jong spelers touwys gemaak

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article