Landsdiens-leerders van die Laerskool Worcester-Oos was bevoorreg om die Kaapse Wynland se departement van landbou se kwekery by die Veldreservaat in Worcester te besoek. Die leerders het ’n insiggewende praatjie ontvang oor die goeie werk wat die Kaapse Wynland-departement van landbou verrig, met ’n hele span mense wat saam­werk om die omgewing beter te maak. Dit het die Oosies geïnspireer om mense bewus te maak van indringerplante, dit te verwyder en om inheemse plante te plant. Die skool het met die besoek ook tien bome ontvang wat hulle by die skool gaan plant.


Jong Oosies leer oor omgewing

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article