Ashwin Lukas, ’n Vlakkiekrieketspeler van Worcester, het uitsonderlik presteer en is vanweë sy betrokkenheid by binnenshuise krieket en goeie spel vir die Bolandse binnenshuise krieket- span gekies, wat later die jaar in Gauteng aan die nasionale binnenshuise kriekettoernooi gaan deelneem.

Lukas, wat vir De Jagers speel, sit egter met ’n finansiële uitdaging wat sy droom om deel te neem, kan verydel. Hartwig Lions Krieketklub tesame met Boland Binnenshuise Krieketvereniging is besig om geld in te samel sodat hierdie baie belowende speler van Roodewal sy droom kan verwesenlik.

Verskeie instansies is genader om by te dra om die R13 000 wat die speler benodig, te bereik. Dis egter ’n baie moeilike taak, dus word enigeen wat ’n bydrae wil lewer, gevra om Japie Visser by 061 596 8055 of per e-pos by japievisser42@gmail .com of Elma Gericke (sekretaresse Boland Binnenshuise Krieket) by 082 212 6734 of elma@indoorcricketsa.co.za te kontak. Enige finansiële bydrae sal baie waardeer word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article