Kyle Beginsel van H. Venter Primêr in Ashton is in die o.13- Kaapse Wynland-krieketspan opgeneem. Kyle, ’n baie belowende jong krieketspeler, is genooi om aan die Wes-Kaapse interdistrikte-laerskole-toernooi, wat van 13-16 Desember in Hopefield plaasvind, deel te neem. Enigiemand wat Kyle finansieel kan help om die toer vir hom moontlik te maak, word gevra om H. Venter se skoolhoof, Charles Pretorius, by 023 615 1530 te bel. Bo is Kyle saam met sy afrigter, Sharyck Hull.


Jong kannetjie kán nogal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article