Global Community Projects (GCP) van Worcester het verlede Maandag (17 Junie), Jeugdag by die plaaslike vliegveld gevier. Dit is die vierde jaar dat die organisasie ’n pretdag gereël het waarby hulle 50 kinders uit minder gegoede buurte met ontbyt en ’n braai vir middagete bederf het. Die kinders is ontvang deur Erwin Foce van Worcester Airfield Facilities Association (WAFA), wat hul toergids vir die dag was. Die jongspan was baie opgewonde om die vliegtuie en ’n sweeftuig (glider) van naby te aanskou. Die vrywilligers van GCP het die kinders verder vermaak met speletjies en musiek. . Die voorsitter van GCP, Sonetia Adams, en haar regterhand, Ismael Sahabodien, bedank graag al die skenkers en vrywilligers wat hierdie uitstappie moontlik gemaak het.


Jeugdag op die vliegveld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article