Die DA in die Wes-Kaap bemoedig die matriekgroep van 2022 aan om aansoek te doen vir die Premier Advancement of Youth (PAY)-program.

Aansoeke is van verlede Maandag (9 Januarie) af beskikbaar en sluit Vrydag 27 Januarie.

PAY is ’n 12-maande-internskap-program wat matrikulante geleenthede gee om werksondervinding binne die Wes-Kaapse regering op te bou.

Die program verskaf matriekleerders tussen die ouderdom van 17 en 24 met werksondervinding en ervaring binne een van die 13 WCG-departemente.

Christopher Fry, die Wes-Kaapse DA-woordvoerder vir die premier, het gesê: “Die premier het gesê 60% van die 485 jongmense bestaan uit vroue wat aan die 2022 PAY-program deelgeneem het.

“Ek moedig die 2022-matriekleerders van reg oor die Wes-Kaap aan om van hierdie geleentheid gebruik te maak en vir die program aansoek te doen. Dit is veral voordelig vir diegene wat nie studiegeleenthede by hoëronderwysinstellings vir die huidige akademiese jaar ontvang het nie,” sê Fry.

“Die Wes-Kaapse regering bly daartoe verbind om jong mense werksgeleenthede te bied sodat hulle hul vaardighede kan bevorder en die nodige ondervinding opdoen om in die arbeidsmag uit te blink.”. Besoek die webwerf www.westerncape.gov.za om die aansoekvorm af te laai.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article