Die verdagtes in die moordsaak van Renée Jain het verlede week (18 November) weer in die Wolseley-streekhof verskyn.

Nolan Visagie en Anthony Schiller (albei in hul twintigs) word aangehou in verband met die moord op Jain nadat hulle op 18 Mei in Tulbagh deur Wes-Kaapse speurders weens georganiseerde misdaad in hegtenis geneem is.

Jain (50) was die uitvoerende hoof van Cape Union Mart en is op 26 Maart 2021 by De Vierde Liefde-natuurreservaat buite Wolseley, waar sy gewoon het, vermoor.

Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, kol. André Traut, is die verdagtes van moord en roof met verswarende omstandighede aangekla.

Jain se lyk is in haar huis gevind.

’n Lykskouing het getoon dat Jain deur haar aanvallers aangerand en versmoor is.

Die saak is tot 18 Januarie uitgestel wanneer dit weer in die streekhof in Wolseley aangehoor sal word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article